Spore Deur MUSICFAN2 spore van `n kleine meisie met haar gesig bespotting ingetrap spore van `n dogtertjie te vroeg vrou geword vir ander `n goot grap spore van `n meisie broos op `n trein verkrag dit was haar troos spore van `n bruid so skoon om in jare wat kom die waarheid te verloën spore van talent vergaan afgedruk en werk vir ander se gladder baan spore van `n jonge vrou met leë wiegies in diepe rou maar spore van geluk te vind in `n ander vrou se kind spore dieper in die modder trap `n juk gedra, nie vir die grap spore in `n tranedal met `n swaar kop omlig aanskou die wëreld, sluk die gal spore van vriende wat kom en gaan ook meester manupileerders om hul tande in te slaan spore uit `n hofgebou slegs afspoelstof wat aan die sole klou spore wat my nou vooruit gee voetkrag, Heer, vir die regte spoorbesluit