KEN JY MY deur Riane Venter Wyd uitgesprei gly ek oor vlakte rys met die berge tot hoog daal in valleie neer sink in die waterdieptes rus op rivierbedding vlieg op die arend se wieke skuil in die leeu se grom lag saam met hiënas in die nag sing die lied van die visarend. Waar sal jy my kry... ken jy my. In die goud van die môrestond in n druppel reen op die grond teen die wande van n rots waar golwe teen die aarde bots in die huil van n honger duif of jakkalse se nag gefuif in kleure van n skoenlappervlerk daar waar miere aanhou werk. Waar sal jy my kry.... ken jy my In die reuk van varsgeploegde grond in die kleur en geur van roosmaryn ek drink die stiltes van n slapende land hou in my hand verwondering vas van n nuwe klein lewe. Ook in die blink van n spinnerak wanneer die son daarop val.. Ken jy my nou ? Ek is die stem van jou siel se verlange. ACV