Kom hang jou jas deur Deon van Wyk Kom hang jou jas aan die sekelmaan, teen die helfte van half aan my kwart bestaan, waar die aandblom leef in dissel-strik, weerloos wagtend op n blinde prik! Skink dan vir my n kommetjie lig, dat die sekel kan groei na n vol gesig, want ek het geglo die maan is van kaas maar nes ek wou proe is ie kers uitgeblaas! Bring tog vir my die aandster aan, da ek ka loop soek na my heelgesig maan! Saam kan ons die sterre skyn koop, en so die aandblom in poeier gloed doop, want in sirkel-siklus sonder end, kan net jy, die blink in duister prent!