Wees 'n oorwinnaar deur Mallotti Ons lewens hier op aarde, voel soms sat en sonder waarde. In hierdie lewensstryd en my verganklikheid, bely ek my afhanklikheid. Heer, my ontoereikendheid, my onmag teenoor U Volmaaktheid, U Krag. My skuld U geduld! My eiewaan word beskaam, Net U is bekwaam. U werk op Golgota is gedaan! Die derde dag het U opgestaan! U bloed het my gewas, Nou s ek nie meer belas. Wysheid en insig word verkry, deur daagliks in U Woord te bly. Eerbiedig kniel ek weer, my lewe lê ek neer, voor U, keer op keer. Halleluja! Ek kan lewe. Na volmaaktheid kan ek strewe, want my sondlas is vergewe. Nooit meer sonder rade, U genade is my gade! U Woord transformeer, my wil, tot U eer! Nie met mag nie, ook nie krag nie. Deur U Gees, sal ek oorwinnaar wees!