Warden Se Koei OscarWillebeest Met sy swart kolle en wit holle het hy onner die boom gestaan, onner die treurwilger daar by Warden. elke keer as ek verby ry. tot een Saterdag. En ek stop by die keffie vir n coke en na die koei se welstand vra se sy ja daar hang hy in repe oppie biltongdraad 120 rand n kilo Se ek hulle het die verkeerde koei geslag en wie gaan nou onner die wilgerboom staan ommie karre agterna te kyk?