Wat is Liefde? Celeste Herman Dis 'n houtkruis teen alleenheid, 'n Steunpilaar in pyn, 'n Vuurhoutjie en 'n olielamp, wanneer jou lewenslig begin kwyn. Dis 'n skouer om op te huil, wanneer die wêreld jou soms druk, 'n Hand wat weet wanneer om jou vas te hou, en wanneer om vir jou 'n roos te pluk. Dis 'n oor wat na jou luister, Al praat jy soms nie sense, 'n Stem wat vir jou fluister: "Jy's 'n dierbare mens" Dis 'n Hamer wat skanse afbreek, Dis 'n baksteen wat brue bou, Dis 'n swaard wat deur eensaamheid steek, Dis 'n gom wat aan enige mens vasklou. Dis 'n kombers teen die koue, 'n Sambreel teen die reën, 'n Fort waardeur geen wind kan waai, Selfs wanneer die donderweer buite dreun. Dis 'n telefoonoproep uit die bloute, 'n Drukkie wanneer jy dit die nodigste het, En wanneer woorde oorbodig is, word Liefde 'n stille gebed. Bo alles is Liefde 'n gawe van God - Geen mens kan daarsonder klaarkom - Dis die kern van Sy grootste gebod.