Die Wag Deur Gert Strydom Saggies soek n wag en skyn sy lig in die nag, wat deur die donkerte trag om met flikkerende heerskappy by geboue van beton en glas verby te bars en te gly en dan te plas op die ysterstaalmas met hoë torings en metaal raamwerk waar die wêreld in die wolke handel dryf en hy gaan doodstil staan om gespanne te luister of iets in die duister beweeg. Hy trek sy streep met die duistere donker nag en veraf is stemme wat vrolik lag en masjiene wat swoegend dreun; maar hier waar hy teen die reling leun is dit altyd veilig asof die nag heilig n geheime storie sag fluister aan die wag wat ewiglik luister tot die dagbreek se strale oor die horison steek.