Elohei qedem Deur Mel Nota: 'n Gedruis van die menskind se gisters trippeltrap spore Elohei qedem nomadies op onweerswolkpatrone sonder son Maar terwyl die uurglas boepensvol word met novelles van môre Lig die linkerhand van God die hoogtes van ons voetsole En in 'n middagpouse eindelik proe ons vandag ons daaglikse brood