Mallotti: Die keuse is joune: Die Hemel of die hel Darwiniste sê: Die mens stam af van ape.... In werklikheid is elke mens na die beeld van God geskape. Liggaam, siel en gees, was elkeen van sy geboorte af gewees. Die dag wanneer jou dood intree, sal jou sterflike liggaam die siel en gees gee. Gelukkig is die ware jy, meer as net organiese stof. Jy lewe voort – siel en gees wat nooit verdof. Tot daardie dag,... is die ewige lewe op die spel... die keuse is joue: Die Hemel of die Hel!!! Daar is egter ‘n voorwaarde... Hoe sal jy jou lewe slyt hier op aarde? Jy dink jy’s goed en jy doen jou bes; die antwoord lê egter in Johannes 14:6 Jesus is die weg, die waarheid en die lewe! Net Hy kan jou sondes totaal en al vergewe. Meedoënloos kruip die oordeelsdag vir elke menslike siel nader; daarom moet ons altyd gereed en op die uitkyk wees vir Hom. Beklee met dieselfde heerlikheid as sy Vader, sal die Seun van die mens saam met sy engele kom. Almal in die grafte sal Sy stem hoor en hulle weet die ewige lewe lê voor… Volgens elkeen se dade sal Hy ons vergeld; slegs dié onder die Here Jesus Christus se bloed word kwytgeskeld! ‘n Verheerlikte nuwe liggaam sal hul ontvang – en volgens hul werke ‘n kroon en ‘n rang. Mense wat hul met die verkeerde besig gehou het, kan hul nié daarin beroem, Jesus self .… sal hulle verdoem!!! Met ons hoop en verwagting deur die werking van die Gees – weet ons deur geloof, dat ons vrygespreek sal wees. In Christus Jesus gaan ons geloof deur liefde tot dade oor; glo dit of nie, maar ons werke gaan ons voor. Om hierdie rede wil ek jou vandag vertel... Als wat jy daagliks doen, gaan in die ewigheid tel. Ek weet nie van jou nie, maar ek werk vir ‘n loon – ‘n pragtige, sierlike - skitterende kroon; Wat ek gaan dra wanneer ek eendag by Jesus gaan woon.