Vlerke deur: Celeste Herman Saggies tik die sekondes verby - Onder God se wakende oog het 'n nuwe lewensjaar sy vlerke gekry, Verwagtinge en voornemens word opnuut gebore, En net die Vader beskik wat word volbring en wat is verlore, Maar voordat jy 'n treë verder gaan - Sluit jou hartseer saam met die ou lewensjaar af, en gryp jou toekoms met albei hande aan - Kies Lewe, Begrawe ou koeie, Vergeet en vergewe - En jou nuwe lewensjaar mag jou dalk net verras met 'n stel vlerke van jou eie!