'n Holte vir my swerwer's voet
deur: Meraai vannie baai

Ek
het jou
gaan soek
tussen al die dae van my jaar
maar jy was nie daar ...
en ek, het my tentpenne, opgetrek.

Ek
het jou
gaan soek
tussen blaaie
van vergeelde onthou jy's
my oë was later moeg gekyk ...
maar jy, was nie daar nie.

Ek
het jou
gaan soek
in die argiewe
van die lewensbiblioteek
tussen eeue oue inskrywings ...
ook daar, het ek jou nie gevind.

Ek
het jou
gaan soek
en gaan grawe
tussen kleitablette met griffelskrifte
maar ook daar was jy nie te vinde ...
of het ek dalk net moeg geraak

- om te soek na jou? -
©