Klop deur letta Wie klop so aan my deur sy hand vol stof, gekraak, vol seer? Sy palm diep gebeen en oud "Net `n stukkie brood mevrou ek drink sommer by tuin se kraan die water is tog heerlik koud" Wie is die MAN hier aan my tafel? Jood, Griek of Taljaner' of is dan tog HY die MAN wat my met pasga lei met afval brood en water uit die optelblik Is dit HY wat aan my deur so klop op die maat van my hart se tik? letta 16 April 2009