Bederf
al my liefde is saam ge-jam
binne bottels oud met merke dof -
toegevlek van onse lewe
herwinde bodems geskraap en tjip
tog die glas nog hard en dik
my liefde is saamgepers
propvol appelkoos en kind
vol getap en toegestop -
daai oomblikkie mekaar in vind
my hartjie sag en op gekook
dis die soet van jou oë, wat my vrese stroop
dankie Heer vir jou konfyt
met my te deel, partykeer proe
`n pappa se ingelegte drome
proe stukkies van U
vir my beskore