Surprise Surprise

Ek het met my eie oë gesien
hoe Jesus vissies langs die pad
In mandjies lê as nette sak.

`n loergaatjie gevind-
deur my venster met jeug toe gewasem

`n plekkie wat vertel, verklap...

oor `n seuntjie in die vreemde,
`n jong man op sy pad.

Ek het met my eie oë gesien
Hoe prentjies uit my kinder Bybel

uit ver vergete bladsye klim
argiewe van die lewe,
gewetes wakker fluit en sing.

Pretoria 2008
Gustav

Terug na indeks Epos die skrywer