Augrabies
Deur Hester Hoffmann
" Plek van die groot geraas"
my oë vleg oor jou;
waar jy verdiep in jou
eie gedagtes
onder die kokerboom sit
jou blik vasgevang op
graniet-en-water
die vallende;
druisende waters dophou
en injou heers daar stilte
jy kyk na deur-die-eeue-heen
maalgate 5 tot 10m diep
uitgevrete graniet
bewonder die Augrabies
op die hitte-golf-middag
hoor ons troppe ape
en skieiik skreeu 'n visarend
in die dor-droe streek van
die Oranje-rivier
boeiend, fasinerendstap ek
jou t.egemoet
in.die.aalwyntuin waar 86 soorte
rooi geel blom
in jou oë
is daar vrede
liefde
en geluk
Vr.23 Sept. 2005 16:55:00