Ek het in jou oë gekyk
Deur Hester Hoffmann

Loop-op-en af in 'n ry
verwag ek om enige-iemand te sien
nie-siende draal minute verby
in Miljuisende Ewighede

totdat dit deurkom op my skerm
soos met sabels, op 'n masker-gesig
geskryf soos in Altyd; die egtheid verewig
ek het verby geloop-en in jou oë gekyk

soveel ure het verloop met vader Tyd
tot by jou-in anderse eendersheid
van maltrap-wees, tot in: uit-jou-hart-lag
in spesiale woorde
ek het in jou oë gekyk

Terug na indeks Epos die skrywer