Ek het net gewonder
Deur Hester Hoffmann
het jy al ooit gewonder
waarom is die maan van kaas
of venus rooi-planeet?
het jy al ooit gewonder
waarom my hart kook
in jou teenwoordigheid
as ek najou kyk
of dat die oggend-ster
en die aand-ster eintlik
Venus is
se my, het jy al ooit gewonder
as ek jou wil oopmaak
van buite en beter leer
ken van binne
net soos die son
vanuit die ooste
het jy kom lê in my hart
jy tref my soos 'n weerligstraal
met spoed sonder grense
tot in die ritme van my hart
moet nooit wonder waarom
die maan gemaak is van kaas
of dat ek lief net vir jou is
ek het net gewonder
Vr. 7 0kt. 2005 18:55:00