Martha Maria

Martha-Maria, Hebreeuse edelvrou
ken jy die gewig
van die name wat jy dra
jy is die grootste gif
aan ons familie toegevoeg

die Hooglied-vrou
is in jou lewe toegevou
jou kinders is jou al
by jou man bly staan jy pal

storms woed en wond jou hart
jou gees onwrikbaar sterk
weer elke pyl en en wondseer af
die noodlot sal jy nimmer tart

ek neem jou as my eie kind
deur jou lewe loop n goue lint
omsluit jy almal wat jou pad sou kruis
met raad en daad en liefde groot

versorger en vertroueling
moeder, kind en vrou
wysheid en talent het jy genoeg
om vry lik uit te deel

dankie Mart, my dogter-kind
mag jou kinders jou ook eer
vir die mens en moeder wat jy is
mag jou man jou pêrels poets

want jou gelyke sal ons nooit weer vind

*Opgedra aan Mart, my skoondogter.

Terug na indeks Epos die skrywer