wAARHEEN GAAN ONS NOU?

hoopvol het ons pad begin
reënboog sou ons verf en bou
elke siel in hierdie land
n sit-of staanplek laat bekom
groen en goud en goud alleen
was die visie
ons geleen
op Robbeneiland
vervaardig en gespeen
grondwet op die been

eers versoening uitsorteer
kom sondes in n ry
bely en opgedra
aan watter god, ek vra
wie sonder sonde is my bra
laat hy die klip kom gooi
in Sentraal Gevangenis ontplooi
versoening van n ander aard
huursoldate bid en sweer
apartheid af in eie taal

voorspoed
teëspoed die ken ons nie
beplan
vergader in kantoor en raadsaal
elke dag
wie doen die werk op vloer en vlak
maar kundigheid verdwyn
gaan heel n ander land se pyn
want wolke voor die boog verskyn
korrupsie haal die vonkel uit die wyn

die derde generasie
tuimel vlindervlerke na beneë
trek die badprop uit
en hul spoel die dreine af
beset, beleër, belê
in al wat park en plakplek is
dit is die toekomspad
nou in die hede vasgevang
reënboognasie was n waan
al die kleure vloei nou saam

en tuimel wie weet waar die afgrond af

Terug na indeks Epos die skrywer