Heimweë
In die wonder ure van die skemer
die harmonie van dag en nag
het my hart in sy eenwees met joune
stil-tevrede, in sy smart gelag
Maar berusting verander in heimwee
want alreeds het die nag, o so gou
Sy kortstondige liefde vergeet
en my leed in sy arms gevou