Die slotvers van dood (Haikoe)

1.

Allenigstap ek...
en betree 'n lewe wat
deur tyd verwoes is.

2.

Stilte word die angs,
hartseer en magtelose
verlange na iets.

3.

Nie na iets bepaald
maar na 'n hele wêreld
geblus tot swart as.

4.

Ek hoor geluide,
stemme van lang geleë...
die slotvers van dood.

Terug na indeks Epos die skrywer