Adhonay
deur Mallotti

Vors en Gebieder van al wat lewe
‘n Verlossingsgawe het U gegewe
U, die Prins van vrede,
tree in Agapéliefde na benede.

Jesus Christus, Seun van God,
U alleen beskik ons lot.
U gee Uself aan ons as Bod.
Sodat U elkeen wat wil,
met hierdie vry gawe kan vervul.

Besitter van lewens oorgegee,
net U bring volmaakte vrede mee.
Dat U U oor ons ontferm …..
en boonop onverdienstelik beskerm …?!
U oordele is ondeurgrondelik wonderbaar.
Ons as mens na wedergeboorte vrywaar?
Onnaspeurlik! Wie kan dit verklaar?
Dis U wat ons reinig van die kwaad,
en voorwerpe van besondere gebruik maak.
Afgesonder en bruikbaar vir enige goeie diens,
niks is vir U, ons Eienaar, ongesiens.

Meester - van ons kant,
Bid ons vir wysheid, insig en verstand,
alles gawes uit U Vaderhand.
Opperhoof van hierdié Koninkryk;
Heer van alle geregtigheid,
leer vir ons gehoorsaamheid.
Maghebber, al wat ons begeer
is om meer van U te leer.

Terug na indeks Epos die skrywer