A3
deur Mallotti

‘n Dogtertjie klein,
tog te fyn…
te pragtig vir woorde.
Musiek het geen akoorde,
om haar te beskryf,
want sy’s so fyn om die lyf.

‘n Minsame kind
met ‘n vingertjie gepunt
sê sy sommer: Jy jy jy jy jy…
en het so baie liefde verkry.

Die appel van haar oupa se oog,
sonder enige betoog!

Die jare het egter aangestap.
Vir haar was die lewe geen grap.
Dieselfde fyn postuur,
moes baie verduur,
in omstandighede - guur.
Sy’t baie gou geleer,
‘n mens het geen verweer,
sonder die Heer.

In stilwees en vertroue lê haar krag,
terwyl sy op die Here wag.
Dis Jesus wat haar nog altyd lei,
terwyl Hy dié weg voorberei,
wat sy nie kan sien,
en ook nie kan verdien.
Sy gawe is vry,
want Hy het vir haar gely!
Sy hoef niks te verhaal…
want Hy het die volle prys betaal.

Terug na indeks Epos die skrywer