WANNEER AGAPÉLIEFDE WYK
deur Mallotti
Dis wanneer ons verby menslike nood kyk,
wat agapéliefde van ons wyk.
Dieselfde emosionele afskakeling,
lei tot ongevoelige verbrakking.
Ander se hartseer,
traak jou nie meer.
Ten tye waar mense gebede benodig,
is niksseggende woorde oorbodig.
Vader ons pleit om vergifnis,
vir harte sonder deernis.
Heer ons vra vir inspirasie,
meer Heilige Gees illuminasie.
Sodat onsimpatieke, ongevoelige handelinge,
sal verdwyn uit ons alledaagse wandelinge.
Ons dank U vir die Parakleet,
wat van alle pyn en nood weet.
Dis wanneer Hy, die Trooster jou inspireer,
dat daar daadwerklik iets in jou lewe gebeur.
Dan kan jy andere vertroos,
want God se liefde en simpatie in jou eie lewe, is eindeloos.
Hy laat Sy deernis deur jou vloei,
dit sal jou nie vermoei.
Dit verander gewone kennisse,
in liefdevolle verbintenisse.
Dis dieselfde Heilige Gees,
wat altyd met ons sal wees,
wat hande gee wat heel,
en woorde wat nie verdeel.