Ouma Tom
deur Mallotti
Ek vra iets tasbaars klein - as herinnering,
miskien ‘n ou i.d.kaart of sommer ‘n elkedagse gebruikte ding.
Om mooi herinneringe te herleef,
en minder mooies te vergeef.
Sy gee ‘n ring ….
‘n kosbare besitting?
Vir die gewone oog - niksseggend,
vir my ‘n kleinood - herinneringsbeleggend.
In my nabetragting van wat gebeur het,
Wou my hart amper in tweespalt geskeur het.
‘n fluistering - negatief
van ‘n baie ou dief:
‘Gee dit terug, Sy’t gedink jy bedel,
sy dink nie regtig jy’s edel.’
Ek was amper berowe,
maar God het belowe:
Die beproewing het gekom,
… nie bokant my krag nie.
God se waarheid wat telkens verstom,
….met uitkoms, wat nie wag nie.
‘n Stryd wou in my begin…
Maar die Gees van God het weer oorwin!
Ma,
Dankie vir hierdie ring!
Wat ‘n pragtige herinnering.
Die Here sal jou seën en jou beskerm;
die Here sal jou red en Hom oor jou ontferm.
Hy skenk Sy genade vir jou as gade,
Hy verhoor jou gebede ....
en skenk aan jou Sy vrede!