Wie met trane saai, sal die oes met gejuig maai
deur Mallotti

Hul noem die saamkomplek U huis
Selfs daar, voel ek soms ontuis.
Indien iemand aan die brand is en vol vuur,
kan hul jou teenwoordigheid nie verduur.
‘n Onuitgespreekte leuse is hul keuse:
‘Wees liewer lou - dan sal almal van jou hou!’
Want is jy vol vuur - kan hul jou nie verduur!

Onder my betraande saaisak gaan ek gebuig.
Maar op grond van U Woord, sal ek die oes inbring met gejuig!
Om in Christus Jesus toegewy aan God te lewe, is my innige strewe.
Daar is egter diegene wat beplan, om my uit U huis te ban.
Deur hul verbod, dink hul hul bewys ‘n guns aan God.

Ek dank U vir hierdie deel - nou kan ek my nie verbeel.
U skenk my dié lot - wat my herinner om U gebod,
nooit in my lewe te laat taan, al dra ek my saaisak met ‘n traan.
Hierdie toets sal ek deurstaan en deur U liefde nie vergaan.

Ek weet U sal my nié beskaam, al kan ek nie alles verstaan.
Al voel ek ook hoe kroes,
ek hou my oog op die onsigbare oes, wat Satan nie kan verwoes!

Ek vertrou nie op prinse - hul verwag net gunse.
Met my goudbronne uitgeput - beskou hul my van geen nut.

In vertwyfeling wou ek vergaan…
U was egter nog altyd begaan in my voortbestaan.
Al is ek van stof sal U my gees nie laat verdof.

Hierin sal ek my verstout:
Die Almagtige is my silwer en my goud.
In Hom sal ek my verbly, en Sy hulp sal ek verkry.
Al dra ek my saaisak met ‘n traan,
ek is verseker van ‘n oes en ‘n ewige voortbestaan!

Terug na indeks Epos die skrywer