DIE WEG TOT SeëN, IS VIR ELKEEN!
deur Mallotti
O jy wat kla en kerm,
jy weet nie van Ontferming!
Jy rou oor min krag en beskerming.
Luister, hoe Jesus fluister:
‘Kon jul nie eens een uur waghou in die duister?’
Die weg tot vrugdra en seën,
kan daar wees vir elkeen.
SO: Ruk jou reg,
daar is ‘n weg!
Rig jou tot Hom,
van wie alles kom.
Die krag vir heilige diens lê in tyd,
wat jy spandeer sonder spyt.
In Sy teenwoordigheid,
word jy bereid!
Waak en bid,
Want dis geskik.
Vrug en seën,
is vir elkeen!