El Shaddai
deur Mallotti
El Shaddai - God Almagtig -
U alleen, alomteenwoordig - kragtig.
In U Alwetenheid en Outoriteit,
beskik net U, die Pantokrator, oor soewereinheid.
Alfa en Omega - Heilig is U Naam!
‘n Mens, sonder U verordeninge - onbekwaam.
In hierdie wêreld is daar is niks wat U nié beskik nie
Niemand kan U mag ontglip nie.
U spreek die eerste woord in gena,
en die laaste sonder weerga.
U bepaal die waarde,
van konings tot gesagsinstansies hier op aarde.
Wyse Ontwerper van al wat is
Dié Skepper! Dit is U gewis.
In hierdie wêreld, Soewereine Kontroleur,
kan niks buite U wil gebeur.