Trou aan U
deur Mallotti
Gebed: I pledge allegiance to you Lord - ek sweer my trou aan U hemelse Vader, Seun en Heilige Gees. Skenk U aan my die getrouheid om hierin te bly, ek vra dit in die Naam van die Here Jesus Christus.
Vader, Seun en Heilige Gees,
ek sal nié vrees!
Die wysheid wat U gee,
Bring volmaakte vrede mee!
Voor die grondlegging van die aarde,
bepaal U my waarde.
O Lam van God, al is U verhewe,
in liefde en genade skenk U lewe.
In my moeder se skoot het U my gevorm
Uniek, sonder enige norm.
U’t my liggaam aanmekaar geweef,
daarom wil ek na volmaaktheid streef
Om U wil te doen, is wat ek begeer.
Voor U voete, lê ek my lewe neer.
Genade: is al wat ek vra,
om my kruis met volharding te kan dra.
Uit U, deur U en tot U is elke ding,
Met my lewe sal ek U lof besing
my trou aan U bring.
Die wysheid wat U gee,
Bring volmaakte vrede mee.
Aan U behoort die heerlikheid
Tot in alle ewigheid
Amen!