Yahweh se nuwe verbond
deur Mallotti
In verbond met Israel - neem U hul hand
lei hul uit Egipte, na die beloofde land.
Nimmereindigend bly U getrou.
Die voorvaders het egter heeltemal verbrou.
Die volk het twee dinge verkeerd gedoen.
Hoe sou hul hulself met U kon versoen?
U, die fontein van lewende water het hulle verruil,
vir gebarste reënbakke - sonder kuil.
U was nie meer die spil
en hul lewens onvervul.
Harde harte toon geen berou.
Israel breek dié verbond in ontrou.
U laat egter nie op U wag nie,
U Woord is tog immers nooit nie van krag nie.
In die laaste dae sluit U met Israel ‘n nuwe verbond.
Sonder versuim, onmiddellik, terstond.
In ons gedagtes het U die Woord vasgelê.
Ons wil so graag doen wat U sê.
U het U wette in ons harte geskrywe,
wat Satan met sy slinksheid wou verdrywe.
U Woord het egter vrug gedra,
en daarom kan ons doen wat U vra.
U’t gesê - dat U ons God is
en ook gesê, dat ons U volk is.
Niemand sy buurman sal aansê om Yahweh te dien nie,
niémand daar sal wees wat Hom nié ken nie!
Almal sal U dien, groot en klein.
U vergewe ons oortredings en maak ons rein.
U dink nie meer aan ons sondes, U’t dit laat verdwyn.
Deur Jesus se wonde - Is U kinders ongeskonde.