Kiekies
Deur Mandi Engelbrecht

Vir Erica
as blomme gedigte kon fluister
en fairies op jou agterstoep kon kuier
as paddastoel-huise ons tuiste was
sou kiekies jou kon terugvoer na beter tye

sou jy ‘n glasbal tussen jou fyn vingers hou
met goeie wense wat jou omvou
jou aansteeklike giggeloë
vir ewig van donker bevry

want die kiekie’s wat jy angstig neem
vang dit vas waarna jy heimlik smag
in jou donker kamer toor jy met herinneringe
en flans dit kunstig saam in ‘n droom

Terug na indeks Epos die skrywer