Kiekies
Deur Mandi Engelbrecht
Vir Erica
as blomme gedigte kon fluister
en fairies op jou agterstoep kon kuier
as paddastoel-huise ons tuiste was
sou kiekies jou kon terugvoer na beter tye
sou jy ‘n glasbal tussen jou fyn vingers hou
met goeie wense wat jou omvou
jou aansteeklike giggeloë
vir ewig van donker bevry
want die kiekie’s wat jy angstig neem
vang dit vas waarna jy heimlik smag
in jou donker kamer toor jy met herinneringe
en flans dit kunstig saam in ‘n droom