vir waneer daar niks meer liefde in ons oor is nie
Deur Mandi Engelbrecht

spaar jouself vir die winter wat krul om elke gevrieste blaar
vir waneer die kaggel hout alles op is
en die sneeu te dik lê om die deur oop te maak
om nuwe droe hout buite te kry,

spaar jou vir waneer lente net in seisoen is
maak asof nuwe lewe wat oral uitspruit nie deel van jou is nie
vra jouself af gaan dit die volgende perske bloeisel tyd wees
wat die etse van sy liefde gaan afdrukke word in jou

spaar jouself tot waneer volrond vrugte swaar hang
daar is klaarblyklik niks vreemd as alles om jou vrugbaar is nie
vou jou hande om jou lee buik en asem bloot lug in
en voel die klop slag van net jou eie hart

spaar jou vir waneer herfs net nog 'n hark vol blare is
tot die blare jou wilde hazel oë vervolmaak
gaar alles die hele jaar op in 'n kompos hoop
vir waneer daar niks meer liefde in ons oor is nie.

Terug na indeks Epos die skrywer