Verraad
Deur Mandi Engelbrecht
Ek wil teen die berge vas skree
oor jou siekheid en my inskiklikheid.
Tyd wat gemors is
jou laaste dolksteek,
daar waar dit die seerste maak
dit wat jy in jou malheid neem
van my vervreem in eiewaan
God wat jy soos ‘n wortel voor my swaai.
Ek wil vlug van die alewige grens op jou gesig
en jou liggaam wat my tog bevredig het,
jou siek siel se leë woorde
want jy kon my gees nie eggo nie
en selfs dit moes jy van my neem;
dis verraad teen alles wat ek glo
want liefde was net die skuilnaam vir lustigheid
en dwaasheid het geen perke meer nie.