Versugting van ’n vlinder
Deur Mandi Engelbrecht

Ek sou graag wou sweef
sonder jou alewige gekleef
sonder dat jy my vasbind
en dit voel of ek stadig ontbind.

Die oop lug wil my ontmoet
wat beteken ek moet groet
gaan waar jy nie sal wees nie
sonder jou en die lustige vlees.

Sag gly op die môrewind
elke vrolike blomgeur vind
maar jy hou my in ‘n koutjie
binne jou donker woudjie.

Terug na indeks Epos die skrywer