Vrygespreek
Deur Mandi Engelbrecht
Vir Nel
As ek jou net kon sien
voor donker jou kom haal het
sou ek ‘n wit roos gee
en sag jammer sê
vir al die misverstande
en jou vryspreek
van al my seer.
Switserland is nou net ‘n droom
waar ek ou oë wou ontmoet,
jy word die wit om my siel
wat bly groei en opbou,
jy word die teer traan
van ‘n vergeefse verlede
wat om my wroeg en wonder.