Afskeid
Deur Marietjie Grove
In my verlange na jou
pleeg ek plagiaat met jou woorde.
Herinnering sing ‘n refrein in my droomwêreld,
maar daar’s ‘n vakuum in my arms,
‘n grondige soeke wat lei
tot die binnekamer van my hart,
en wat daar bly, is slegs leë fantasië.
Jou reuk is vasgegom soos jou stem
wat tot vervelens in my kop koor.
Ek’s geboë in die greep van hierdie leegte
Waar slegs die toevou van jou hande
bevryding is, con amore.