As die dag sterf
Deur Marietjie Grove

Volrond, tussen die bruin kurwes val ‘n bal,
garnaatrooi en blink,
vang die aarde steelwarm sag
die dag se groet vlugtig vas,
en soet is die bries wat vlindersag teen jou lippe rus.

Terug na indeks Epos die skrywer