Jeugliefde
Deur Marietjie Grove

In donker dae met geen hoop
het ek gelewe en gebid sonder geloof.
In die seerkry en pyn van elke dag
het ek jou afwesigheid nabetrag.
My hart was in stukke geskeur,
my lewensvreugd wreed versteur.

In die fleur van elke meisiekind
is daar altyd iemand oorbemind.
Jy was die man wat my son laat skyn.
Jy was die ink wat my versies laat rym.
Die hand wat my in liefde vou
die een waarom ek my lag kon bou.

Maar spyt kom altyd laat
en voortgaan is nou al raad,
vir ‘n oomblik was my lewe vol kleur
kon ek my aan môre nie steur,
nou staan ek voor hierdie deur
waar ek die einde met wysheid betreur.

Terug na indeks Epos die skrywer