‘N KRAP LOOP SKEEF
Deur Marietjie Grove

(Vir Anton & Clinton, ek dra julle waar oë nie sien en vingers nie raak)

As die son in skadu wyk
die maan wasig lyk

en warrelwind deuntjies
teen rolbosdrome stuit,

verstrengel die spookasem beelde
in die geur van kersvlam weelde.

Daar’s koesterhitte in jou stem
en rooiwyn in kristal

in die koue van ‘n Colesberg nag
hang jy jou vrese aan die galg.

In jou blou oë verdwaal die pyn
lê ‘n blondekop seun warm naby

breek ‘n hart met liefde middeldeur
oor die onreg gedoen weer en weer.

Terug na indeks Epos die skrywer