Kruispad Waardes
Deur Marietjie Grove
Geluidloos kruip die stilte nader
word my biddend hande gebind
en praat ek met jou, deur smekend stemlose blik -
maar in jou gejaag na wind
sterf verwagting, want jy is blind?
Weereens ‘n doodgebore droom
want jy grawe in suigsand
wyl ek jou stilswyend dophou,
met jou visie op klatergoud
sterf jy, onwetend lewend vir my -
blind vir die anker wat teen jou hande klop
verstrengel jy dieper, in drome wat jou besig hou
maar vir jou siel, is die soort vrede grou
Ek huil na binne
oor jou mond spookverhoudings bou
verloor jy die skat waaraan ander lewenslank bou
die papie in sy kokon
met die hart van ‘n leeu
maar die moed, wat ‘n muggie lagwekkend beskou.