Lieg is 'n grafskrif
Deur Marietjie Grove
Is die seer te diep begrawe?
Is die antwoord oppervlakkig gebęre?
Is jou neem uit desperaatheid gebore,
en jou geslotenheid waarskynlik ‘n stille louter?
Waar begin die einde,
of, is begin die einde?
Waar is daar ‘n vaste greep
Of, trek mens bloot net hier die streep?
Waar is beloftes nog hul strofes werd?
Waar is eerlikheid die seerkry werd?
Wanneer is aangaan die moeite werd?
Wanneer is ‘n stryd al die strooi werd?
Is daar in gee nog waarde
Of, stenig ons omgee staande?
Dra ons maskers tot die dood
en speel wegkruip al is ons groot?
Van begin tot einde
versteek agter elke leun,
is ‘n ses voet gafsteen
en seerkry sonder steun.
Was daar meer woorde onbeskut ,
pasgebore en oopgevlek,
sou vrede bou aan die altaar wat ons liefde noem
en, kon ons hande vat tot die dood versoen.
Nou is die seer te diep begrawe.
Die antwoord heel oppervlakkig gebęre.
Die neem is desperaat maar doodgebore.
Is geslotenheid waarskynlik bloot gemaskerde louter…