Onverwags
Deur Marietjie Grove

(Vir André)
Met die eerste blik was ek seker
dat daar geraamtes was in jou kas
tog kon ek met geen oog of toon laat blyk
dat ek jou verseker ken en goed begryp.
Jou aandag was nie myne om in te deel
jou huis nie ‘n skeiding waarmee ek sou speel,
of ek ‘n vraagteken was in jou dag
het my laat wonder tot laat die nag.
Was daar in jou siel vir slegs ‘n oomblik plek
jou wilskrag min, jou brein dalk gek?
Ek moes terugkeer en weer probeer
werklik seker maak hierdie keer,
voor ek my rug vir altyd op jou draai
omdat vrees maar weer die koning kraai.
Stom was my verbasing
toe jou oë sag in myne lê,
dat met geen verwagting
ek jou aandag op my vas kon hê.
In vreugde oor die klein genot
het jy my hart vir jou gevat.
Nou is dit reeds ‘n jaar verder aan
en steeds wil die gevoel nie taan.
Ek sien jou soms, meermale nie,
hoor jou stem en vrees geen skeiding nie.
Wat ons het kan afstand nie keer
wat ons voel sê ons dankie voor Heer…
So baie leef ‘n leeftyd saam
en ken nooit die vrede van ‘n siel in vennootskap saam,
en hier kom ons soos twee ompaar skoene aan
skielik voor die mooiste in die heelal staan.
Ons ken mekaar en aanvaar sonder haat
dat uit ons ontmoeting almal meer sal baat,
dat skildenaar en woorde op papier
mekaar kon vind oor ‘n prentjie teen die muur.
Elke nuanse van jou stem
is so ryk soos die ink uit my pen
en talentvol met klavier en snaar
sing jy “Droomvrou” tot my oë traan.
Ek weet dat my spore grafeer is in jou hart
waar selfs die dood se skeiding nie kan vat,
dat jy ook ‘n plek in my siel besit
waar selfs ‘n graf jou nie kan versit.
Ons weet dat wat ons hier nou ondervind
vroeër of later ons lewens saam kon bind,
maar word dit slegs ‘n ster wat verskiet
sy liggie in die son tot niet.
Vir oulaas onder ‘n wintermaan
sing Cohen met ons in trilogie saam,
en onafskeidbaar soos jou twak en pyp
is hierdie suiwer op gevoel geskryf.
Sou jy dit lees met ‘n oop gemoed
skuil ek agter die wysheid wat in jou woed…

Terug na indeks Epos die skrywer