Oorblyfsel
Deur Marietjie Grove
Met hakkiesdraad wurg jy my
tot ek snak na asem…
Geesverkragter, sielsvertrapper.
Jy het my oopgebeitel en afgetakel,
Stom.
Gekraak en oopgebreek kreet my smart.
Sien my!!
Ek roep jou woordloos aan –
maar soos ‘n skilpad bly jy ingedop.
onsigbaar, gevoelloos, rug gekeer op my.
Met die nuwe dag
Spin die aarde steeds om sy as,
en jy gly so die maan, emosieloos in jou baan -
Ongeraak, Verby...
Jy word in my lewe ‘n speldeprik gat.
Ek het ‘n nuut ontdekte swaartekrag,
genoem…
Verlange?