DIT WAS TE LAAT
Deur Marietjie Grove
Met heilige teerheid
omvou ek jou gesig.
Liefkosende gevange
in die poele van jou siel.
Streel oor tyd se lyne,
kontoere van vergeet, onthou-
Ek fotograaf jou met gevoel
Spieëlbeeld van my siel
Want met elk lentebloei
herleef die herinnering.
‘n Kosbare ruimte vir selfontferming
teen ‘n weerlose winterrou.
Sluit jou oë my liefste lief,
as ek met rype sensualiteit
jou mond met sensitiwiteit
oopgekelk teen myne vind.
Tot ambrosia saam verbind
en weerlig deur ons lywe klief.
Vlindersag vryf ek deur jou skimmelkroon,
getrek tot lepellę styf teen jou.
Gekoester in vertoue omvou
wanneer jy sysag glip deur my
om te komponeer die grootste simfonie
Ek het jou lief…
2004/06/24