Lê DIE WAPENS NEER
Deur Marietjie Grove

Jy beur en spook
maar al wat in jou kook
is die vrees vir verwerping
die seer van skeiding

Jy gryp na binne
die klop moet stil
die seer moet doof
tog het jy geen geloof

Beelde en gedrogte
koëls en haat
dood en verbale wraak
dit, sny jou siel naak

Geskend in vlees, groei die gees.
Vloei liefde met lag na seer
as vertroue jou hande vat
omgee met gebede skuiling pak

My hand wat om jou vou
gee uit bloed reeds gestol,
want vergifnis het sy eie traan
‘n ongewone verstaan.

Dis rou, met oorgawe teer
in uitreik lê geen verweer
jy’s sterk, staan op en beur
of, jou gees sterf duisend maal meer.

Terug na indeks Epos die skrywer