Die ander Vrou
deur Maid Marion
Jy het iets in my geraak,
Wat ek gedink het nie meer bestaan nie.
Wel, in elk geval nie vir ’n man nie.
Ek het iets in jou gesien,
Jou donker oë wat so diep in myne kyk.
Laat my altyd voel ek is die enigste in jou koninkryk
Maar heelaas die oomblik splinter,
Jy moet elke keer terug gaan na haar.
En in my hart word dit weer winter.
Jy het iets in my ontwaak,
En dit wat ek gesien het as ’n swakheid in ander
Is nou my kruis, my hartseer, my skande
Dit is nou my lot,
Die skoen is aan die ander voet, ek is nou “Die ander vrou”
Snaaks genoeg met geen simpatie en geen berou
Hier sit ek en wag
Ek lewe vir die krummels van jou tyd
Een keer ’n week, een keer ’n maand, een keer ’n ewigheid
Jou woorde altyd,
“Meisiekind, jy weet mos ek werk hard en ek is besig”
Ek moet dit glo, aanvaar, vergeet van my vrese
Ek is lief vir jou,
Maar diep binne vra ek: “Hoekom”?!
Waarom hou jy my hart vas, sonder die hoop op ’n toekoms