Genade
Deur McFarlan

oor vlaktes waai die wind
sy lied 'n somber noot...
eensaam op sy vlugtog
al waaiend, 'n weeklag...

blou-grys wolke pak saam
dreunings kom rollend aan
skiélik! 'n weerligstraal
hárd én bliksemsnel...

Hemel sluise maak oop
en stort genade
op dore aarde...

die boer buig sy kop
vou sy hande same
en prewel na bowe
"Dank U vir genade"

Terug na indeks Epos die skrywer