Elohei qedem
Deur Mel
nomadies
op onweerswolkpatrone
sonder son
Maar terwyl
die uurglas
boepensvol word
met novelles
van môre
Lig die linkerhand
van God
die hoogtes
van ons
voetsole
En in 'n middagpouse
eindelik
proe
ons vandag
ons
daaglikse
brood
Terug na indeks
Epos die skrywer