Die toring van Babel
deur: Meraai vannie baai

en
so
is
daar
geskryf:
Genesis
11: 1-9
Een
volk
een
taal
saam
'n toring
begin bou
lymgrond
vir klei
en bakstene
vir bonsteen
'n Laagte
in die land
van Sínear
Mensekinders
smag na roem
reik na die sterre
Die Heer verwar taal
en het hul so verstrooi
........ Nimrod - Babilon .......
Wie sal die stad weer herbou?

© Meraai vannie baai


Terug na indeks Epos die skrywer