Die weerkaatsde Kruis
deur: Meraai vannie baai

Ek kniel dankbaar
-- Here my Here --
Vergewe Vader Asseblief
vra ek, verlore en gevlek, sondaar

Golgota en Houtkruis - sinoniem - vasgespyker en deurboor was U
Verag en verraai - Onverdiend Doringkroon - geslaan en gespoeg
Dankbaar sondaarstem weerklink nou skoongewas

Hallelujah Hallelujah
-Ek is vry en gered-
Hemels styg lofsang

***************

***************

Lofsang styg hemels
-Gered en vry is ek-
Hallelujah Hallelujah

Skoongewas nou weerklink sondaarstem dankbaar
Gespoeg en geslaan - Doringkroon Onverdiend - verraai en verag
U was deurboor en vasgespyker -sinoniem - Houtkruis en Golgota

sondaar, gevlek en verlore, ek vra
Asseblief Vader Vergewe
-- Here my Here --
Dankbaar kniel ek

*Die gedig is geskoei op die uitdagende 'Mirror Loop en Concrete poetry' gedigvorm en in die tweede deel word die woorde in die weerkaatsde beeld van regs na links geplaas, terwyl die boodskap en beeld wat uitgedra word, nog dieselfde bly.

© Meraai vannie baai


Terug na indeks Epos die skrywer